home
home
Lourens Fourie
Inleiding :1961 – 2009 ter nagedagtes. Lourens Fourie ( 47 )

Lourens Fourie(47), die Pretoriase fiksie- en leidtjieskrywer, was n go-getter en werkesel wat n besondere vermoe gehad het om met die Afrikaanse taal om te gaan . Hy kon toor met die Afrikaanse taal . So lei berig uit Beeld op 23 April 2009.

Lourens die ikoon en legende in eie reg! Hy sal onthou word vir sy deernis, hegtheid met sy familie, Pa-wees vir sy twee seuns-Lourens jnr. (18 en Luan 16 )

Huldeblyk: Op 12 April 2009 het familie en vriende die skokende nuus ontvang dat Lourens oorlede is. Lourens se heengaan het n groot leemte gelaat by al die betrokkenes wat nooit weer sal vervul word nie.!

Die vraag is nou op almal se lippe? Hoekom nou eers n huldeblyk gee aan n persoon wat tot sterwe gekom het? Kon ons almal nie eerder n huldeblyk aan hom gegee het terwyl gelewe het nie!

Ja daar is so baie vrae en antwoorde wat seker nooit vervul kan word nie. As ons maar net geweet het wat wag op ons sou ons dalk die lewe anders benader het.

  1. Die Lourensfourie.co.za website gaan nog voortbestaan vir die volgende paar jaar indien nie veraltyd nie! Al Lourens se cd’s en boeke gaan hierop beskikbaar wees vir die publiek.
  2. Onafgehandelde aksies waarmee Lourens besig was gaan ons afhandel en voortgaan met sy projekte.

Die eerste projek is al Lourens se Weermag Leidtjies wat ons gaan dryf en afhandel.

LIMA FOX – Lourens Fourie: Best army “songs”. Hierdie is weermag “songs” wat almal se harte sal aangryp! Ter nagedagtes aan alle Moeders en Vaders en Vrouens wat hulle geliefdes afgestaan het aan die dood.(Ons gedagtes sal altyd by hulle bly ).